UA-100630372-1

Brand Passievol vir  

God  ll  Mekaar  ll  die Wéreld!



Belangrike "Te Weet" van die Gemeente: 

Sondagbyeenkomste:

Oggend om 09h00.  Jeug 18h00.


Inligtingstoonbank:

Tiende koeverte, inligtingsblaadjies, kindertoewyding-,  en doopvorms beskikbaar. 

 

Koffie en Tee: 

U is welkom om voor en na die byeenkoms  'n koppie te skink - ons vra dat u nie tydens die diens sal drink nie, dankie!

 

Kinderkerk:

Graad 0 tot 7.  Kinders  aanbid in kerk saam  met volwassenes, waarna hulle na die kinderlokaal  beweeg.

 

Babakamer:

Vir ouers met babas van geboorte tot die ouderdom  van 2jaar. Vriendelike  versoek dat geen laerskool kinders  tydens dienste in babakamer  sal speel nie.  Pak alle speelgoed  asb weg, laat babakamer  netjies na gebruik.

 

Klankkas en Verhoog: 

GEEN kinders toegelaat  in klankkas & verhoog weens duur toerusting. Kom ons werk saam om ons gebou skoon en netjies te hou!

 

Badkamers:

Kom ons werk saam om ons gebou skoon en netjies te hou.

 

Persoonlike Inligting: 

Dit is U verantwoordelikheid om ons op datum te hou van verandering van adres, kontaknommers,  ens.  Kontak ons asb. tydens siekte, hospitalisasie, afsterwe van familie, geboorte  van nuweling,  ens.

Daar is elke Sondag 'n naweek bulletin met al die inligting en aktiwiteite vir die volgende maand met die nodige kontak nommers.  Lees die bulletin sorgvuldig  deur om te verseker u betrokke raak waar u in u hart voel en die Here u lei.